HUWELIKSVOORWAARDEKONTRAKTE
Huwelik Binne Gemeenskap van Goedere
Indien partye binne gemeenskap van goedere trou beteken dat al hulle bates maar ook hulle skulde wat hulle voor en gedurende die huwelik opgebou het, gedeel word in een gesamentlike boedel. Alle bates en skulde wat een van die partye dus voor sy huwelik gehad het, word saamgevoeg en vorm deel van die gesamentlike boedel nadat hulle getroud is.
Huwelik Buite Gemeenskap van Goedere
Partye mag voordat hulle in die huwelik tree, ‘n kontrak aangaan wat die huweliksbedeling tussen hulle reël, en wat normaalweg stipuleer dat die huwelik een is van buite gemeenskap van goedere. Hulle mag verder stipuleer of die aanwasbedeling soos uiteengesit in die Wet op Huweliksgoedere, Wet 88 van 1984 op hulle huwelik van toepassing is, al dan nie.
