Sakeredding

Voordele  en verskille van Likwidasies

Aktes & Transporte

Koste-tabelle

Huweliks kontrakte

Aanwasbedeling

Kontrakte & Trusts

Meer Trusts

Benodig u advies van ‘n Prokureur met meer as 33 jaar se ondervinding in Kommersiele Reg, Kontrakte, Insolvensie- en Besigheidsredding-aangeleenthede?

“Mnr Dawid Maartens, B Proc, LLM, ‘n toegelate Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger en tans gelisensieer deur die Maatskappyekommissie van die Department Handel as ‘n Senior Sakereddingspraktisyn het uitgebreide ondervinding in kommersiële en eiendoms aangeleenthede”.

Ons is ‘n gevestigde firma wat reeds sedert 1980 in Pretoria praktiseer, en lewer ‘n gespesialiseerde en persoonlike diens aan ons kliënte wie hoofsaaklik besigheidspersone en entrepreneurs is, en wie klein tot medium grootte besighede bedryf. Ons is trots daarop dat ons ‘n uitstekende persoonlike diens aan ons kliënte lewer.

Meneer Maartens, ‘n gelisensieerde senior sakereddingspraktisyn, spesialiseer in Besigheidsreg, Maatskappyereg, Eiendoms-oordragte en Sakeredding. Hy was aangestel as sakereddingspraktisyn in verskeie maatskappy dwarsdeur Suid Afrika waarvan die skuld enige iets tussen R 10 miljoen en R 435 miljoen beloop. Sy sukses persentasie is tans ongeveer 70%. Hy het ook as Trustee en Kurator in verskeie insolvente boedels en kuratele boedels opgetree, en het reeds sy eerste gerapporteerde saak in die Suid Afrikaanse Hofverslae 1083 gehad wat betrekking het op die Insolvensiereg. Hy het ondervinding in insolvente boedels en het ook voorheen aanstellings as Kurator en Trustee in insolvente boedels aanvaar. Hy is verder ‘n gekwalifiseerde Notaris en ‘n Aktevervaardiger, en het ‘n meestersgraad (LLM)  in Kommersiële Reg an die Universiteit van Pretoria behaal.

ONS SPESIALISEER IN

Besigheidsreg

Maatskappyreg

Sakeredding